Persiese Golf

Persiese Golf

Nasa-Satellietbeeld van die Persiese Golf

Ligging van die Persiese Golf
Koördinate:26°N 52°O / 26°N 52°O / 26; 52Koördinate: 26°N 52°O / 26°N 52°O / 26; 52
Ligging:Bahrein, Irak, Iran, Katar, Koeweit, Oman, Saoedi-Arabië, Verenigde Arabiese Emirate
Soort:Golf van die Indiese Oseaan
Oppervlakte:251 000 km² (97 000 myl²)
Gemiddelde diepte:50 m (160 vt)
Maksimum diepte:90 m (300 vt)
Lengte:990 km (615 myl)
Breedte:340 km (210 myl)
Invloei:Eufraat, Tigrisrivier
Uitvloei:Straat van Hormuz
Eiland/e:Bahrein
Nedersettings:Aboe Dhabi, Doha, Dammam, Doebai, Koeweit, Manama
Lande wat aan die Persiese Golf grens, ook Golflande genoem
Kaart van die Persiese Golf

Die Persiese Golf (Persies: خلیج فارس; Arabies: الخليج العربي Arabiese Golf) is 'n golf in die Midde-Ooste, wat aan Irak, Iran, Oman, Verenigde Arabiese Emirate, Katar, Bahrein, Saoedi-Arabië en Koeweit grens.[1][2] Die oppervlakte daarvan is ongeveer 251 000 km². Die belangrikste riviere wat in die golf uitmond is die Eufraat en die Tigris en die grootste stede is Koeweit, Doebai en Aboe Dhabi. Die Golf is deur die Straat van Hormuz en die Golf van Oman met die Arabiese See en die Indiese Oseaan verbind. Dié golf is 'n belangrike roete van ruolie-transport.

Die Persiese Golf is weens sy rykdom aan ruolie en aardgas van groot strategiese belang. Die wêreld se vyf grootste ruolie-produserende lande Saoedi-Arabië, Iran, Irak, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate, almal lede van OPUL, is hier geleë. Daarbenewens het Iran en Katar naas Rusland die wêreld se grootste aardgas-hulpbronne. Oor die ryk hulpbronne is talle oorloë gevoer, waaronder die Iran-Irakse Oorlog (1980–1988), die Golfoorlog (1990–1991) en die Irakse Oorlog (2003–2011).

  1. Central Intelligence Agency (CIA). "The World Fact Book". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 4 Desember 2010.
  2. "Afrikaans to English (en.)". Besoek op 16 Januarie 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search